2453…Mense kom bymekaar

2453…Mense kom bymekaar

By ‘n begrafnis
‘n somber atmosfeer
iemand is nie
meer hier nie

ons sal jou mis
ons sal vergeet van jou
jou liggaam is tuis
van mens tot klei

mense kom bymekaar
om te paartie
en te kuier
maar die alkohol
laat party ouens
snaakspraat

waar baie mense
bymekaar is
hoor jy net brabbeltaal
en vang woorde uit gesprekke

soveel verkeerde woorde
word gevang
en word dan skindertaal
wat vlammend sprei

en mooi verbrand

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz