2456…Die kleur van jou vlag
Ek staan met ‘n handvol
gekleurde vlae
ek wil haar vertel
in die taal van oud
ek swaai die geel vlag
van geluk en vreugde
sy swaai ‘n pienk vlag
van liefde en skoonheid
ek swaai die oranje vlag
van lewenslus en verwagting
sy swaai die groen vlag
van vrugbaarheid
ek swaai ‘n purper vlag
van ek wil meer hê
sy swaai die swart en wit
blokkiesvlag
ek het gewen
skielik sien ek die
rooivlag
wat wild waai
en wat deur haar
pa geswaai word
Leave a Reply
Be the First to Comment!