2527…” crush….

2527…” crush….

Die asbesreuk gemeng met
smeltende teer

hier langs my
my oë traan
my neus brand

my oë vasgenael
die 18 wieler trok
draai dwars

die rooi karretjie
word ingesluk deur die
weghol staal

die kameras flits
en flits
die drie slap verbryselde tieners

n storie
hulle het niks verkeerd gedoen

die fotos n teleurstelling

rooi op rooi
vertoon nie goed

dit moes n geel karretjie
gewees het

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz