2541…Rainbow Chicks /matriekafskeid
Hulle het ingestem
dat ek een van die chicks
matriekafskeid toe kon neem
sy was n hit gewees!
die manne was vatterig
almal wou aan haar
sagte geel rok vat
sy het gekekkel sonder einde
mens sou sweer
sy kom nooit nerens
sy was seker baie honger
en het gepik vir die vale
toe ek haar teruggeneem het
het sy net droomoog daar gesit
en het saggies gepiep
sy was die mooiste hennetjie
wat ek ooit uitgeneem het
en ook die grootste
kekkelbek!
Leave a Reply
Be the First to Comment!