2542…Tatiana
Ons was aleen agter
in die vliegtuig
sy was n russiese danseres
ons het gebaretaal probeer praat
toe pluk sy n halfbottel
absoluut vodka uit
en vertel my hoe koud sy kry
van die sneeu in siberië
en hoe sy tandeklapper in die bed lê
ek vertel haar van my sonland
die blou swembad, die groen grasperk
en die lekkerruik rose
ek wou haar nog meer vertel het
maar die vodka was klaar
sy wou toe niks meer verder hoor nie
sy sê toe vir my:
r xo4y Bac tenepb.
ek het nie geweet
dit kon so warm word
in n vliegtuig
op pad Siberië toe
Leave a Reply
Be the First to Comment!