2546…Jy stap van hartkamer tot hartkamer

2546…Jy stap van hartkamer tot hartkamer

saggies het jy ingekom
net ‘n ligte krieweling gewees

jou tweede tree was
op my linkerhandaar

jou derde tree was
op my linkerbeenaar

jou vierde tree was
op my bobeenaar

toe jy verder wou stap
maak ek daardie kamerdeur toe

jou eerste tree in my groot kamer
het my bang gemaak

jy het spykerskoene aangehad
en wou in my hart rondhardloop

voordat jy my kon seermaak

het ek jou bloederig
uit my hart gespoel

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz