2554…Ek het nie tyd nie
nie tyd vir my vrou
en twee kinders nie
ek het nie tyd
om my werk te doen
ek het nie tyd
vir my skoonma nie
ek het nie tyd
om in die tuin te werk nie
ek het tyd
vir ‘n hele paar biere
saam met die ouens
en die tiere
vir die rugby braai
saam met die tiere
een dronkgataand
vat ek die verkeerde boek
op bladsy een vertel dit my
van bladsy twee
op bladsy twee
van bladsy drie
soos ‘n GPS
lei die blaaie my
tot by die heuwel
toe ek opkyk
sien ek Jesus
betraan bely ek
Jesus het my tyd gegee
vir altyd
nou het ek tyd
Leave a Reply
Be the First to Comment!