2560…Die wild in ons
Die reuk van bloed
lok die roofdiere
die leeus en die tiere
vreet eers
die jakkalse en haeina
lek die oorblyfsels
die wilde honde en die
miere sorg vir die res
nog bly die reuk van die dood
hang in die slagplaas
die wilde diere
wag om die arena
‘n paar van hulle
het bierblikkies
in die hand
Leave a Reply
Be the First to Comment!