2583…Die hormoon wind waai
ons snuif die lug
party net ‘n vae gedagte
van gister
‘n roering tussen die grys
soos ‘n moeg ou bul
spartel tot op sy kniee
die vinkmannetjie
het sy beste klere aan
en sing ‘n minnelied
hy word beloon
ses wyfies luister
oopmond na hom
die bergbokke klap kop
die skote weergalm bergaf
waar die ooie angstig wag
maar hier in die stad
grom en lieg die vliegtuig
vir mekaar
die robotte knik rooi
en tap die geduld
ek glimlag net
as die robot
groen knik vir my
Leave a Reply
Be the First to Comment!