2589…Hoe sag

2589…Hoe sag

gly ons bootjie
op die maanblanke meer 

hy trek die roeispane
sy kyk bewonderend
na sy gespierde bolyf
in die maanlig

die sjampanje bottel op ys
in die middel van die meer

kyk hulle na die spierwit volmaan
‘n perfekte aand
vir ‘n tweede bottel

hy het ‘n sak vol planne
en vry haar wild

die bootjie skep
en skep water

twee spane dobber
doelloos in die water

hoe sag gly ons bootjie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz