2613…Die duiwel blaai deur die telefoonboek

2613…Die duiwel blaai deur die telefoonboek

Hy nooi sy kinders
vir n brunch

hy het so baie kinders
hy moet die telefoonboek gebruik

vanuit waterkloof nooi hy 2
vanuit hillcrest nooi hy 1
vanuit sandton nooi hy 3
vanuit blouberg nooi hy 3
vanuit constantia nooi hy 1

10 vir n roast n toast
hulle gaan sekerlik braai

hy glimlag en kyk
na die honderd sakke
A1 brikette netjies gestapel

my naam staan ook
tussen A tot Z

maar ek weet
slegs in die boek

van die LEWE

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz