2615…Die telraam jare

2615…Die telraam jare

Toe ons nog klein was
het ons die jare getel
1 2 3 4 5 6

haastig
die wereld wag
die pret wag

iewers langs die pad
het ons opgehou

die jare het
gekom en gegaan

toe ons by 50 kom
toe is die krale klaar

my God ek het gejaag

gee my asseblief
‘n nuwe telraam

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz