2642…Geluk IS

2642…Geluk IS

Jou dankie
wat jy sê

ons eerste baba se skree
jou sagoog as jy na haar kyk
en sê
sy sal nog mooi word

jou waardeer lag
vir die eerste
lekker ruik roos
van die somer

die vonkel in jou oog
as ek jou n handvol
pronkertjies gee
self gepluk
kleur uitgesoek

pronkertjies maak jou lag
pronkertjies maak jou sag
marsmellow sag,smeltsag
vrou sag

sag lê jy teen my bors
terwyl ek met my vals stem

vir jou liefdesliedjies sing

jy vroetel en sug

ek plant elke maand

pronkertjies

dit bring sagkleur
in ons lewe

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz