2723…Die nag is nog jonk
Ons praat van die tye van jonkwees
toe die nag nooit dag geword het nie
toe jou oog so blink was
soos die morester daar hoog
en ek het die mars god uitgedaag
ons het die spel geniet
die bottel cabernet was oud donkerrooi
die kleur van Jesus bloed
donker vlekke op die kleed
ons het rerig gedink
hulle speel net toneel
Leave a Reply
Be the First to Comment!