277) Tien-kyk meisie

277) Tien-kyk meisie

glinster bruin
loop sy en pronk
op die vakansie strand
haar vakansie lyf
getune
sy stap verby
die omie mors sy koeldrank
die tannie kners
sy het ook so gelyk
die verwagtende vrou
klap haar man
die jong meisies
giggel katterig
die ongeslaagde matriek manne
dop die toets voor hulle meisies
die lewensredders
sluk water en wens sy wil
die golwe tart
maar hulle kan niemand nou red nie
die tien kilometer strand voor haar verlate
daar kom trane in haar oë
niemand hou van haar nie

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz