278) Haar vertoonlokaal

278) Haar vertoonlokaal

sy het uitgestal
’n golwende haarstyl
sonblink
’n kleinkreukel voorkop
watergroen oë
’n oopkyk
wat min kan oogkyk
bloedrooi vol lip
laat mans
wegkyk
haar lae boesem
niemand
kyk haar in die oog nie
die lyf daaronder
laat almal wonder
vir wie stal sy uit
mona lisa glimlag
wonder julle maar

die oog

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz