280) Liefkosing
dit is donkernag
ons lê naak
op die lappies kombers
jou vingerpunte reis
oor my lyf
luswekkend
tintelings golf
oor my vel
jou vingerpunte reis
oor berge en dale
oral waar dit gaan
is dit aangenaam
jou jaagasem mond
proe aangenaam
effens souterig
ouma het gesê
heuningsoet kan nog gaan
maar sout is die smaak
van die rowwe brander
sopnat
skrik ek wakker
Leave a Reply
Be the First to Comment!