283) As die morester skyn
sy vertel alles wat sy sien
soos ’n skinder tannie
kan nie help nie
want sy sien te veel
deur oop vensters
sy is eintlik nie so nie
maar as ’n mens te veel sien
moet jy vertel
van die ou omie wat weer wou try
40 jaar gelede
het jc le roux haar laat gloei
na vanaand se jc
het sy op die stoel neergesak
en gesê
oe! hoe draai my kop nou sarel
van die paartie
morester kon van bo af sien
tussen die takke deur
sy was geskok
die jonges het naak rond gelê
en hulle was woelig
sy het ’n wind gesluk
Leave a Reply
Be the First to Comment!