2891…’n Vrou soek liefde
Sy sien haar skoonheid
in die spieël
die spieël van verleiding
sy het goed geoefen
sy is groener as ‘n blaar
toe sy hom ontmoet
sy ontvou soos herfsblare
in die wind
kaaltak staan sy daar
haar begeertes verdamp
sy is leeg
in die herfskoue
verloor sy wat
hy begeer
in die lente
word die smart
gebore
Leave a Reply
Be the First to Comment!