290) Wanneer ek aan jou dink
ek sien in my geestesoog
hoe jy aangehardloop kom
deur die lang groen grasse
jy het kosmos
vir my gepluk
kos mos niks
sê ons altyd
maar verlep ook gou
maar die pienk en wit vertel
dit is spesiaal
vir jou gepluk
more verlep als
in die fel hitte
van die genadelose son …
jy het die kosmos spesiaal
vir my gepluk
jou omhelsing
in die groen kosmos velde
is sement vir ons liefde
wat steen vir steen
aan ons liefdesnes bou
die fel son kan maar brand
ons liefde
skadu mekaar
Leave a Reply
Be the First to Comment!