294) Oujaars aand

294) Oujaars aand

vrolik sing ons
en dans op maat
van ou musiek
jive en jol
die nuutste
vat oor
rugbreek moves
die vuurspoeg tots
maak wild
ons het gekom
elkeen
met ’n masker op
veilig voel ons
ons kan wandel
ons kan handel
niemand sal weet
die pienk masker
sagvat my
werk my op
die slapjol lyf
jol elke lyf wat hy kry
jy kan voel waar jy wil
almal lag en vroetel
dis twaalf uur
maskers af
die pienk masker my vrou
ons het dit heel tyd gemis
die slap jol lyf my baas
hy het die pienke
ook gevoel

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz