303) Tweedehandse liefde
deesdae hersirkuleer ons amper alles,
dit wat eenkant gegooi is
is nou weer iets werd,
by die skeihof
val hulle eenkant uit …
is nou tweedehands
party huil
snot en trane
ander is op krukke
gebreek
lewenslank
ander huppel uit
en val in die arms
van hulle skelmpies
die skelms gaan nou oes
ander kom verwilderd uitgestap,
is daar dan soveel ontroue mans?
vandag het sy beleef,
My God! skreeu sy
waarom het U
man en vrou gemaak?
Leave a Reply
Be the First to Comment!