305) In memorium

305) In memorium

Dit is sy verjaarsdag vandag
net hy onthou dit.

Soos altyd
sit hy vroegoggend
in die welkome son en lees die koerant,
hy lees altyd eerste
in memorium
om te sien wie van sy ou vriende is dood.

Die eerste een sê
Allan Edwards,
geliefde pa en oupa,
hy kyk na die datum van die koerant …
Dit was ’n week gelede en
sy naam is Allan Edwards.

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz