310) Gods liefde
Caeser sit op sy troon,
die son weerkaats
op sy een meter swaard.
Toe hy jonk was
het sy swaard
koppe afgekap,
lewens gevat …
Hy is moeg
en kom om die dag te geniet,
hy kyk af in die arena,
vyftig Christene in die arena,
leeukos vir vandag
hulle wou mos hardegat wees.
Die eerste leeu storm uit,
’n klein dogtertjie hadloop weg uit die kring
en hardloop die groot kat tegemoet,
sy lig haar houtkruis …
Die honger leeu gaan lê
en piets sy stert,
die skare skree verskrik
Caeser is woedend
en gee die teken.
49 Leeus storm op die Christene af
49 kruise word omhoog gelig
die leeus gaan lê
en piets hulle sterte.
Caeser pluk verward,
die skare skree opgewonde:
"Jou woord! Jou woord!"
Hy het geen keuse
en lig sy arms,
50 Cristene laat hy vry
want hy het die mag.
Regverdigheid laat geen ander keuse nie.
Hy weet nog nie
more gaan hy
vir God ontmoet
op die slagveld nie.
Leave a Reply
Be the First to Comment!