3145…Sy het belofte oe gehad
Sy was so mooi en sexy
en het belofte oe gehad
hy kon nie anders nie
as om haar aan te stel nie
haar oe het gelok
hulle het toe nie gejok nie
hy staan by die kruispad
en tuur na die blou berge
daar ver op die horison
hulle roep,lok hom
al hygend stap hy stil
laatmiddag trek hy sy vervlenterde mou op
en kyk na sy Rolex
dit is vyf uur
tyd om huistoe te gaan
die lang swart motor flits verby
stof en rookwalms
spoel oor hom
hygend kyk hy die motor agterna
vyf jaar gelede was dit syne gewees
sy sekretaresse met die belofte oe
glimlag vir hom
Leave a Reply
Be the First to Comment!