3149….Die atoombom Woordeboek ontplof!

3149….Die atoombom Woordeboek ontplof!

Honderde, duisende, miljoene woorde

skiet die lug in

ons taal vernietig
ons taal versprei
ons taal verwar

ons is stomgeslaan
en is sonder woorde

dit sweef in die hemelruim rond

en daal soos vulkaan stof neer
om alles te stof

letters plof neer
woorde plof neer

gretig gryp ons dors

om te kan praat
om te kan lewe
om te kan lag
om te kan skrywe

ons tongklap taal
ons suigeling taal
ons moeder taal
ons mens taal

om die los woorde vas te vang

in wonderlike

Afrikaans

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz