3153….Ek wil saam met jou wees, daar waar die bergstroom ruis
Waar die koel van die oggendmis
ons vel hoendervleis maak
waar die koer van bosloerie
ons hartsnare tokkel
waar die vlinders in die wasig
voor ons paardans
waar jou hart saam
met die stroom kabbel
dit is ons wêreld
ons liefdeswêreld
hier waar die bergstroom ruis
hier waar ons is
dit is my bergwêreld
Leave a Reply
Be the First to Comment!