3155….Selfs in die koue Weskus lug ….klop my hart steeds warm WANT ….Hierdie gedig is geskryf vir WESKUSVROU

3155….Selfs in die koue Weskus lug ….klop my hart steeds warm WANT ….Hierdie gedig is geskryf vir WESKUSVROU

Op die verlate koudwindstrand
stap jy doelgerig teen die sandwind

gedagtes warrel doelloos rond
die stuk dryfhout seer jou voet

dryfhout dryf nutteloos rond
jou gedagtes dryf n oomblik

n rots dryf nie, sy kyk
en sien die verweerde swart rotse

die brandersproei nat haar hare
glinster op haar lippe

sout natlek bring haar terug
moet sy soutlek

die soet van die lewe mis
soos die mis wat vroegoggend

elke oggend verdwyn
om weer laatnag te verskyn

die branders wat breek teen die swart rotse
ruk haar terug

die see probeer al miljoene jare
om hulle te versteur

nathaar tuur sy oor die branders
solank as God dit toelaat

sal die branders breek
solank as God dit toelaat

sal daar hartseer wees

MAAR haar Rots JESUS
is vir ewig

die golwe van die lewe
sal haar nathaar maak

sal sout trane oor haar wange laat

Maar WESKUSVROU
n boodskap vir jou

God het nog nie al jou mails
gelees nie

Maar HY ken JOU

maar op SY tyd sal HY

vir jou vrede en geluk stuur

ONTHOU ons kan vir ewig lewe

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz