3157….Jy het vir my digtersink gegee….n gedig vir TRIBALMOON
Toe ek nog digterskind was
het jy my aangeneem
my eerste pogings gelees
my huggies omgeruil
my gepamper
my digters sprokies vertel
my skryfboek uitgevee
my beter punte gegee
ek het gestraal
jy het gekraai!
my skouerklop gegee
met my gelag
min het ek geweet daar oorkant die waters
in kouland was jy
jou hart nog steeds hier
ek het eers hieroor gegrap
maar het toe besef
jou hart is seer
jy het my so goed geleer
ek het presteer
wat mensekind nie van weet
omgee aansporing waardering
is die voedsel van die gees
berge het ek geklim
en bo uitgekom
dankie my vriendin
mag jy ook die vrede vind
Wat God in my skoot neergelê het
Leave a Reply
Be the First to Comment!