3158….As die branders breek
en die golwe kom krulrug aangestorm
kake wyd gesper
skuimspoeg hang
aan die kake wat prooisoek
die kolk is leeg
n sandbyt die laaste kans
verwoes
borrel die skuimbrander
om nederig laag
op die sand uit te spoel
om jou voete te spat
jou gees af te koel
hier waar jy op sandstrand kom
om die skuimborrels van jou lewe
op die droe witsand te werp
die son sak sag oranje
agter die branders
en vat jou koel saam
die klein lagbrandertjies
begin om jou voete speel
Leave a Reply
Be the First to Comment!