3161….Jy is net: SPARKLES

3161….Jy is net: SPARKLES

Jy is blink
binne jou kraakpapier

as ek by die huis kom
dan blink jy groen

as ek aan jou vat
kraak jy sparkle jy

jy smaak na suurlemoen

as ek by die huis kom
dan blink jy oranje

jy kraak as ek jou druk
jy smaak lemoen oranje

as ek by die huis kom
dan blink jy sag rooi

jy is opgetooi
jy smaak lipstiffie kersie rooi

maar vanaand:

as ek by die huis kom
dan keer jy jou hele box sparkles
op die vloer uit !

al die wilde geure gaan my nie verlei

WANT jy my SPARKLES

smaak die lekkerste van al

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz