3181…Vlerk gesprei…wag Jonathan Livingston Seagull
Die skuimbranders breek
teen die swart blink rotse
die seemeeue se skril skree
weergalm in die mis lug
die woeswind reis saam
met die golwe
en swiep hom lugwaarts
vlerk flappend jaag hy
die brandertoppe
totdat sy oe
soutseer is
hoog bo die branders
swiep hy
en duik doelgerig
agter die brander
die spartelende vis
gulsig hy
ek kan vir myself sorg
skree hy
die sneeuwit wyfie
sit op die rots
pronkveer afwagtend
Leave a Reply
Be the First to Comment!