3215….Die perske loer rooiwang tussen die blare deur

3215….Die perske loer rooiwang tussen die blare deur

Sy sien die perdebye
zoem om die vye

sy sien die pikkewyn prik
aan die spanspek

die ooievaar staan gereed
om die ryp papaja te vang

die pelikaan vang die ryp appelkose
sommer so twee,twee

die eendvoel probeer
die waatlemoen uitbroei

troetelvoel,renostervoel
houtkapper en renostervoel

staan ook daar buite rond

sy kyk wild rond
en wonder oor al hierdie dinge

net op daardie oomblik sê iemand
kyk hierdie pragtige rooiwang perskekie

en so gereed
om nou geeet te word

en nogal so sappig
en soet ook

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz