3228…Hoe om ‘n stukkende hart weer heel te kry

3228…Hoe om ‘n stukkende hart weer heel te kry

Praat sag fluister met haar
wees net eerlik en opreg

as jy die hart werklik liefhet
eerlik en opreg
dan sal jou woorde

die gewig van waarheid dra
dit is pylreguit en tref sekuur

die woorde van waarheid ge-uiter
gaan lê saggies in hartkamer een

die woorde van eer
gaan lê saggies in hartkamer twee

die woorde van trou
gaan lê saggies in hartkamer drie

die woorde van altyd
smelt my hart

vir ewig saam met jou
die vreugde vure saamgesmelt
sien jy elke oggend op die horison

wanneer die dag se hoop
die dag se lig

opstyg

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz