3229…Meisiekind kale model
Toe jy die eerste keer
die plank geloop het
was jy oopoog en versigtig
hulle sê was van belang
toe jy die tweede
keer geloop het
was jy half geklee
jy het gewonder
toe jy die derde keer
geloop het
was jy sonder bra
met panty geskeur
toe hulle jou dwing
die vierde keer
om kaal te loop
het jy geskree
ek is nie ‘n hoer nie
jou jas om jou
kaalgat getrek
en geloop
Leave a Reply
Be the First to Comment!