3241…Die vreemdeling
Ek kyk rooioog in die spieël
die persoon wat ek sien
is nie ek nie
beneweld pofgesig traanoog
die alkolis
is nie ek nie
met die red heart
moer ek die spieël flenters
red heart in jou moer
met die count puskin
moer ek die klipdrift
met die jameson moer ek die
dimple in sy moer
ek is vry
Leave a Reply
Be the First to Comment!