325) soen

325) soen

hoe soen ons?
’n wang-raak is te min,
’n wang-kus is vreemd,
’n pikkie op die lippie
is ’n halfmas soen,
’n slobber soen
kies jou onverwags,
’n tienersoen is
warm en skaam ,
die oopmond soen
van ’n vierjarige
ruk jou terug
purity tyd is verby

ek stap die nag in

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz