3258…Kwaad vrou
ek het genoeg gehad
ek voel soos half
gebruikte kakapapier
almal trek my
deur hul gatte
gebruik net en
gooi dan weg
ek is ma, ousie
tuinjong, bedmaat
gebruikgoed
jy gebruik my net
as jy nie iewers anders
kan regkom nie
jy is hero van die dronkgatte
net omdat jy betaal
van nou af sal ek
kruisbeen sit
as jy dan by die huis kom
ontman my nuwe
polisiehond jou
genoeg is genoeg
ek is woedend
Leave a Reply
Be the First to Comment!