326) glas-oog
die nag is laat
ons kan nie wag
dat dit moet kom nie,
die rook hang
soos ’n ligte wolk
in die disko,
die musiek
ruk ons ritmies rond
maak die lywe los
vir jol
ons inhibisies val
stukkie vir stukkie
op die vloer
om vertrap te word
tot niks
die niks son nag
bedek ons skandes
die lis
en
ons lus
opgewek
die shooters
maak ons glas-oog
ons kan nie sien
wat ons doen nie
sy is verward
drie maande later
bevreesd.
sy vat die .38
shooter
en herstel die skade
Leave a Reply
Be the First to Comment!