3281…Klipdrift
maar as die klipdrift
my hart omvou
is daar niks warmer nie
ek weet al lankal
dat een bottel
nie genoeg is nie
ek dors na meer
ek weet nie meer
van die wêreld om my nie
hoe my vrou winkel toe stap
net ‘n bietjie koop op ‘n slag
haar klere te klein van net
stysel het om te eet
my drie kinners
almal in die skool
speel gelukkig saam
met met die armstes
hulle ken nie afguns en nyd
my baas het gesê
ek moet nagskof doen
ek gaan meer geld kry
ek kan nou meer klippies koop
my vrou sê, sy is bly
vir die ekstra geld
ek sê vir haar ons
sal die wa deur die drif trek
Leave a Reply
Be the First to Comment!