3284…I need a friend, not a lover

3284…I need a friend, not a lover

Ek wil teen jou skouer huil
jou hemp nat en kreukel

jou arm om my voel
daardie styf vashou

daardie goue vashou
daardie lewe vashou
daardie omgee vashou
daardie mensliefde

as jy die sout van my trane
wat teen my wange vloei
proe

en dan nog sê
meisiekind ek is hier vir jou

dan weet ek
eendag gan daar

‘n moerse gelukkige vrou wees
van wie se lippe jy
die trane gaan afsoen

jy is ‘n trots broer
vir my

maar jammer is ons
ons harte

bons nie vir mekaar

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz