3286…Die mooi van die verlede voel nog soos gister
ek sien jou nog
halfskaam vir my loer
ek sien nog jou oorfluister
ek hoor nog jou lag
die vonkel in jou oog
het my uitgedaag
braaf het ek
die vraag gevra
jare lank was jy
altyd by my
toe kom die ongelukkige jare
en skei ons
van ons eerste drome
die mooi van die verlede
voel nog soos gister
Leave a Reply
Be the First to Comment!