330) roekeloos dronk
Hulle was baie dronk daardie aand,
hy nagmerrie nog steeds daaroor.
Hulle het na die posh bar in goudstraat gegaan,
daar waar die geldmense rondhang.
Hy was ’n baie aantreklike jongman,
die mooi blonde meisie het vir hom geglimlag.
Na nog ’n paar happe kon hy homself nie keer nie
en volg haar na die kamer toe,
sy bespring hom sommer dadelik.
soekende hande verwyder die klere.
Don Alfredo sien dat sy dogter weg is
en knik vir sy manne,
die kamerdeur vlieg oop en hy word vinnig verwyder,
sy linkerhand word afgekap.
Niemand vroetel met Don Alfredo se dogter nie.
’n Jaar later sit die jong man in ’n doflig kroeg,
hy kyk na die twee aantreklike jongmans langs hom …
Hulle is sonder linker hande.
Hy sug en dink
hoeveel meer nog?
Leave a Reply
Be the First to Comment!