3305…Ek het die verkyk verlange in jou oë gesien

3305…Ek het die verkyk verlange in jou oë gesien

Jy het verby my gekyk
dofoog na niks

jy het my sie gesien nie
die 11 uur seer
het gewag

die brandewyn asem
sweetlyf het jy
gevrees

staar oog het jy gelê
en wag vir die ruk ruk

die verwoes het
stilgeraak

gekneus gefrommel
dofoog kyk jy na niks

dag na dag
snik jy sag

dofoog kyk jy
na niks

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz