335) laaste blik

335) laaste blik

net die bries en ek
deel hierdie oomblik,
aanskou die sterwende dag

die moë son
gaan lê op die horison,
die dofrooi strale
sonder krag,
die krag witlig
uitgebrand
opgebruik

’n duisend jaar, een dag
die lewe tap jou vuur
die laaste straal verdrink

ek draai om
vat my krukke
en sukkel-sukkel weg,
ek kyk op
en sien die vriendlike maan
wat sag glimlag

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz