336) vonke spat

336) vonke spat

’n duisend motors
geparkeer,
tussen die lyne
stop die harte

’n koplig flikker hier,

rooi is die corolla
die chico oorkant
knik met haar flikkers

kortsluiting

die windgat mazda
se uitlaat is nog rooiwarm,
die nissan
met die lekblaas
kan nie meer hou nie

die dood
plas op die vloer
een duisend blik en blink
in sy moer

Liked it? Share it please ...Share on FacebookShare on Google+Tweet about this on TwitterShare on LinkedInShare on StumbleUpon

Leave a Reply

Be the First to Comment!

Notify of
avatar
wpDiscuz