340) donker putte van my siel
die hartseer
die pyn die verwyt
die drank
die egbreek
die steel
die lus
die lis
die haat
die troetel sondes
die bitterheid
verlore liefdes
die verneuk
die afguns
en nog
’n swartsak vol
ellendes
het ek aan Jesus gepos
Hom getoets.
Sy woorde het ek uitgevind
is waar,
"almal wat na my toe kom
se sondes sal
vergewe word …"
Ek vat die put se swaar deksel
en moer dit op ’n plek,
niks pla my meer nie.
Leave a Reply
Be the First to Comment!