342) solank as …
solank as wat
ek op hierdie aarde woon,
solank daar ink is
sal ek skryf
oor die vreugde van menswees
die seer van hartseer
die seer van eerbaar
die lieg van liegbek
die lief van liefde
oor die gladhaar
hartebrekers
wat trane stort
met seep meng
wat ook
op die dag sal weet
jy speel nie
met ’n warm
polsend hart
soos met
’n sokkerbal
nie
Leave a Reply
Be the First to Comment!