3420…Die lewe timmer ons
slaat die hardegatgeit uit jou
totdat jy ontnugter
op die sypaadjie sit
die bus gemis,die trein verpas
niemand worry oor jou
trane vloei,verwyte word geslinger
wie word geblameer?
net jy alleen!
waarheen nou
Jesus is daar om mense
se sondes te vergewe
slegs by Hom sal jy vrede en vergewing vind
jy sing, jy skree, jy huppel
jy is nie meer skaam nie!
Jesus lebt
die foto van die plakkaat op my persoonlike blad
het ek op n ou gebou in die dorpie Giessen in Duitsland gesien.
dit is erg verweer en het vir baie jare die boodskap verkondig.
my gedig Jesus lebt het ek op 20 september 2008 geskryf .
my gedigte word geredigeer en genommer sodat
dit makliker gaan wees om te verwys.
Beste groete, Attie van den Bergh
Leave a Reply
Be the First to Comment!