3442…Die sinkdak vertel
van toe ek bang teen jou
sagbors gelê het
toe jou warm lyf
my geveilig het
vanaand vertel die sinkdak
van die laaste keer
toe ek teen jou sagbors gelê het
toe die satanskind
jou uit my arms geruk het
die sinkdak vertel
dat die trane
soos reëndruppels
oor jou wange vloei
Leave a Reply
Be the First to Comment!